Zebra Kry Sy Strepe

 

ZEBRA KRY SY STREPE

 

Outeur en Illustreerder

Mauritz Mostert

 

Zebra-Afrikaans-Zebra-Kry-Sy-Strepe

Voorblad van ‘Zebra-Kry-Sy-Strepe’

 

Kopiereg

Kopiereg © 2013 by Mauritz Mostert

All rights reserved. No part of this publication may be reproduced, stored in a retrieval system, or transmitted by any means – electronic, mechanical, photographic (photocopying), recording, or otherwise – without prior permission in writing from the author.

 

Uitgewer

WILDMOZ

ISBN-13: 978-1481138833
ISBN-10: 1481138839

 

Zebra Kry Sy Strepe

(‘n Uittreksel van zebra kry sy strepe)

Lank, lank, gelede iewers in Afrika, was daar ‘n groot droogte. Dit was die tyd toe al die diere nog nuut was…. Die son was baie warm en het al die water opgedroog, behalwe by die diepste watergate en fonteine….

Diep in die Groen Woestyn, en by een van die grootste fontein poele was daar ‘n groot aanstooter bobbejaan, wat homself as koning bobbejaan en hoof van die groot water verklaar het. Hy het besluit om al die water vir homself te hou.

“Ek is Bobbejaan en koning van hierdie water,” en met dit, het hy al die ander diere wat soontoe gekom het vir ‘n drankie water, weggejaag. Soos die manier van die Groen Woestyn, was dit baie koud in die aande en bobbejaan het ‘n groot vuur gemaak om warm te bly. Hy het ook ‘n plan met die vuur uitgedink…

 
(‘n Uittreksel van zebra kry sy strepe)

Die Groen Woestyn

Al om die Groen Woestyn het die stof al hoe meer geword, as gevolg van die lang wegbly van die reen. Baie diere het van heinde en verre hulle weg na die groot water gemaak. Maar bobbejaan as koning van sy eie water, het hulle almal met vuur weggejaag Onbekend aan die bobbejaan was daar een wie op daardie oomblik, sy pad na die water maak wat vir niemand na die soort van hierdie bobbejaan sal terug staan nie.

Hierdie brawe een se naam was Zebra, bekend vir sy dapperheid. Die zebra was oppad van die Akasia land, ’n vêr distansie van die groot water by die Groen Woestyn. Die storie van die koms van Zebra, was vertel aan die arrogante bobbejaan koning, deur baie van die diere wat geweet het van sy koms.

Sommige het gesê dat hy nie vêr weg was nie, andere het aangedui dat hy net anderkant die vêr berge was. Dit het hulle gehoor van Arend. Zebra

en Arend was wel bekend met mekaar.

“Ek is gin bang vir enige een!” so het die bobbejaan koning woedend vir almal geskreeu, op en af gespring en stof in die lug in gegooi.

“Ek het die vuur en met my vier hande en my lang tande kan ek teen enige een veg!” op hierdie manier het hy antwoord gegee aan enige een wat van die dapper Zebra gepraat het. “As hy kom sal ek vir hom wys wie die sterkste koning van al die koninkryke is.”

 
(‘n Uittreksel van zebra kry sy strepe)

Zebra Ontmoet Kameelperd

Een dag op sy pad ontmoet Zebra vir Kameelperd. Tot Zebra se verbaasheid het hy nog nooit so ‘n lang dier voorgekom nie!

“Eish“ spreek hy uit in opgewondenheid toe hy eers Kameelperd se massiewe voete sien en toe op, op, op, gaan sy oë tot hy Kameelperd se vriendelike bruin oë ontmoet.

“Hoe het jy so lank geword en wie mag ek sê is jou naam?” vra Zebra en kyk weer hierdie massiewe dier op en af met die grootste respek.

“My naam is Kameelperd, en my storie sal ek jou op ‘n ander dag vertel, maar nou is ek op ‘n lang reis na die Akasia boom land en dringend op soek na water,” antwoord Kameelperd.

“Is daar dan nie water waar jy vandaan kom nie?”sug Zebra

“O daar is volop water by die groot fontein in die Groen Woestyn” antwoord Kameelperd beleefd, terwyl hy sy kop af bring na Zebra se hoogte om nie hoogmoedig voor te kom nie. “Maar die fontein en die water is beskerm deur ‘n massiewe kwaai bobbejaan…

 
(‘n Uittreksel van zebra kry sy strepe)

Zebra Ontmoet vir Arend

Verder op sy reis het Zebra vir Arend ontmoet, wie langs die paadjie op ‘n ou boom stomp gesit het.

“Dag sê, wat is jou naam, en waar is jou voor bene?” vra Zebra verbaas.

“Ek is Arend wie hoog in die wolke vlieg en hierdie is my vlerke, hulle is my arms” sê Arend met trots, terwyl hy sy vlerke uitstrek. “En jou naam meneer?” raadpleeg hy.

“Hulle noem my Zebra en ek is op ‘n lang reis oppad na die eindelose groen gras vlaktes”

“Nou moeilikheid sal jy verseker vind, op jou reis na die groot vlaktes, omrede die bobbejaan beheer oor dit soet water fontein geneem het.

En ek is die enigste een wat daardie soet water kan drink” verklaar Arend, wie nou met beleefdheid teen sy neus af kyk na Zebra…

 
(‘n Uittreksel van zebra kry sy strepe)

Zebra Ontmoet Vlakvark

Die volgende een op die pad wie Zebra ontmoet het was Vlakvark, wie hy gedink baie lelik is en ’n bietjie vervelig is as gevolg van sy natuur.

Die feit dat die bobbejaan beheer oor die groot soet water hou, het Vlakie nie in die minste in ‘n goeie bui gemaak.

Vlakie teen hierdie tyd kyk toe op, en sien die spierwit dier wat voor hom staan. Hy was ʼn bietjie verras oor die dier, met sy skoon wit vel, oor die feit dat sy vel, wel aah… meestal vol modder en vuil was. Maar nie so vol modder deesdae nie, oor wat hy groot gekla en gemompel met sy growwe stem, meer vir homself as vir iemand anders.

In Vlakie se mening het hiedie besigheid met Bobbejaan veels te lank aangegaan, en dit moet nou tot op ʼn einde kom, vir die onthalwe van al die dors Groen Woestyn se diere.

In hulle gesprek het Vlakie vir Zebra aangemoedig dat hy stewig gebou en sterk genoeg was om die bobbejaan aan te pak.

Sy wens was dat iemand daardie vet besete bobbejaan vanuit die Groen Woestyn vir ewig sal skop. Met dit, groet hulle mekaar as vriende, bly vir hulle ontmoeting…
En so gaan die storie aan, tot Zebra sy strepe kry…

Boekmerk hierdie bladsy, want ons is besig met ‘n reeks van 12 boeke oor Afrika se Volksverhale, sien jou weer.

We are putting out a new addition of
Zebra Kry Sy Strepe
so please contact us if you are wanting to buy a copy.

 

Site Map

To Share This Article:

Facebooktwittergoogle_pluslinkedinmail

Meet Our Authors: The Wildmoz team, Cari and Moz, have a lifelong passion for the Bushveld and share adventures and stories about Africa's good things. Wildmoz is Africa - the cradle of life! Travel writing about wildlife, African folklore, wildlife art, Kruger Park and wildlife safari info! Taste life as it is in Africa.
 Posted by on March 14, 2013
Optimization WordPress Plugins & Solutions by W3 EDGE